Skip to content

Motorsport: George Russell spring eerste weg by die Kanadese Grand Prix

# Motorsport: Die Mercedes-jaer George Russell het Red Bull se Max Verstappen getroef om in die voorste posisie weg te spring in vandag se Kanadese Grand Prix in Montreal. Russell het gister die beste tyd in die laaste kwalifiserende ronde aangeteken. Die kampioenskapsvoorloper, Oscar Piastri, sal van die derde plek af wegspring, terwyl sy titelmededinger en McLaren-spanmaat, Lando Norris, slegs die sewende plek kon haal. Kimi Antonelli sal agter Piastri wegspring, met Lewis Hamilton vyfde in die voorste Ferrari.