Motorsport: George Russell van Mercedes sê hy hoop om sy onlangse terugslae die naweek in die Catalunya Grand Prix in Barcelona om te keer. Hy het weens ‘n tegniese probleem geen punte in Kanada aangeteken nie en ook nie in Monaco nie ná ‘n laat deurry-straf. Russell het ‘n agterstand van 68 punte op die bestuurderskampioenskap-punteleer teenoor sy spanmaat Kimi Antonelli. Russell hoop op ‘n normale wedren in Barcelona:
Motorsport: George Russell hoop op normaliteit in Barcelona ná ‘n wisselvallige reeks wedrenne [KLANK]
ENG RussellOnRaces