Skip to content

Motorsport: General Motors sal vanaf 2029 enjins vir F1 verskaf

# Motorsport: Die wêreldbeheerliggaam, F-I-A, het die Amerikaanse motormaatskappy General Motors formeel goedgekeur as ‘n enjinverskaffer vir Formule Een vanaf 2029. Dit beteken dat Cadillac, wat volgende jaar die eerste keer deelneem, Ferrari-enjins sal gebruik tot General Motors se enjins amptelik bekragtig is. Die sport sal dus vanaf 2029 ses verskillende enjinverskaffers hê. Die ander is Ferrari, Mercedes, Honda, Red Bull Powertrains-Ford en Audi.