Skip to content

Molefe-saak tot 2027 uitgestel hangende afhandeling van ‘Cat’ Matlala-saak

# Die moordsaak teen die beweerde sleutelfiguur in die misdaadwêreld, Katiso Molefe, en sy mede-beskuldigdes Michael Pule Tau, Tiego Floyd Mabusela en Musa Kekana, is uitgestel tot 19 Julie 2027. Die hof het gelas uitstel word benodig sodat ‘n afsonderlike saak waarin Kekana en Mabusela saam met Vusimusi “Cat” Matlala teregstaan, eers afgehandel word, want die twee sake kan nie gelyktydig voortgaan nie. Molefe en sy mede-beskuldigdes staan tereg op 35 aanklagte, insluitend die opspraakwekkende kontrakmoorde op die musikante DJ Sumbody, DJ Vintos en die ingenieur Armand Swart in 2022.