Skip to content

MK-party se hoofsweep vir bedrog in hegtenis geneem

# Die MK-party se hoofsweep, Mmabatho Mokoena-Zondi, is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke sê Mokoena-Zondi het na bewering in 2024 vier navorsers gewerf en tussen 50- en 60-persent van hul salarisse geëis, en beweer die geld was nodig vir regskoste verbonde aan die party se president, Jacob Zuma. Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, sê die beweerde bedrog beloop meer as 233-duisend-rand. Mokoena-Zondi sal na verwagting later vandag in die Kaapstadse Landdroshof verskyn.