# Die MK-party het gisteraand formeel ’n beswaar by die Verkiesingskommissie ingedien oor beweerde verkiesingsonreëlmatighede. Die party is bekommerd oor beweerde onreëlmatighede tydens die tel-, verifiëring- en rekonsiliëringsprosesse, veral in die eThekwini Metro. MK dring aan op ’n onmiddellike oudit van betwiste uitslae, die opskorting van verdere verwerking van die betrokke uitslae in afwagting op verifiëring, en toegang tot onafhanklike forensiese ontleding. Die party eis ook dat alle uitstaande teenstrydighede opgelos word voordat die verkiesingsuitslae finaal verklaar word.
MK-party maak formeel beswaar oor beweerde verkiesingsonreëlmatighede in eThekwini