# Die MK-party-parlementslid, Vusi Shongwe, sal die week voor die Madlanga-kommissie verskyn. Shongwe, wat die Parlement se Ad Hoc-komitee van die uitnodiging ingelig het, sal na verwagting getuig oor ‘n vergadering in Durban wat hy bygewoon het op versoek van die gearresteerde Misdaadintelligensiehoof, Feroz Khan. Sy verskyning vorm deel van die kommissie se ondersoek na ernstige bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, rakende beweerde misdaad, politieke inmenging en korrupsie.
MK-Party-LP Vusi Shongwe gaan voor Madlanga-kommissie verskyn