# Die MK-party sê onwettige en ongedokumenteerde buitelandse burgers moet Suid-Afrika verlaat, terwyl diegene wat wettig in die land is, ‘n kans gegun moet word om hul immigrasiedokumente in orde te kry. In sy verkiesingsboodskap het die party ook onderneem om munisipale korrupsie te bekamp, meer werksgeleenthede vir swart vroue en jongmense te skep, en hoë munisipale belastings en tariewe te verlaag. Die MK onderneem om te fokus op die verbetering van water, elektrisiteit, paaie en sanitasie, terwyl munisipale leiers meer verantwoordbaar teenoor inwoners gemaak word.
MK-party herhaal sy streng standpunt teen onwettige en ongedokumenteerde immigrante