Skip to content

MK belowe 400 000 werksgeleenthede in munisipaliteite onder sy bestuur

# MK Party-president Jacob Zuma sê plaaslike regering moet ‘n beslissende rol speel in die aftakeling van ekonomiese uitsluiting en die uitbreiding van ekonomiese geleenthede vir histories benadeelde gemeenskappe. Hy het met die oog op die naderende plaaslikeregeringsverkiesings gesê die party se verkiesingsmanifes stel ‘n ambisieuse teiken om oor die volgende vyf jaar 400-duisend geverifieerde voltydse poste te skep in munisipaliteite wat deur die MK Party regeer word. Zuma sê munisipaliteite kan nie passiewe administrateurs van openbare hulpbronne bly terwyl werkloosheid, armoede en ongelykheid steeds dorpsgebiede, landelike gemeenskappe en werkersklashuishoudings beïnvloed nie.