Skip to content

Misdaadintelligensie-adjunkhoof, Feroz Khan, vra dat afgeneemde elektroniese toestelle terugbesorg word

# Die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, waarsku sensitiewe inligting op elektroniese toestelle wat tydens ‘n polisie-klopjag by sy huis in Houghton afgeneem is, kan tot sluipmoorde lei en nasionale veiligheidsbedrywighede in gevaar stel. Hy het die Hooggeregshof in Johannesburg genader en beklemtoon die toestelle bevat hoogs-sensitiewe intelligensie-inligting en besonderhede oor geheime agente en voortgesette ondersoeke. Khan vra ook dat enige inligting wat van die toestelle afgelaai is, permanent verwyder moet word. Khan is vroeër die maand in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van onverwerkte goud.