# Minstens 10 mense is dood in twee groot botsings waarby ongeveer 50 voertuie betrokke was op die Trakia-snelweg in Bulgarye. Die botsings het vanoggend naby Jambol plaasgevind, in digte mis en op nat paaie. Verskeie voertuie, insluitend busse en swaar vragmotors, het aan weerskante van die snelweg gebots. Talle mense is beseer, en volgens berigte is van hulle in ‘n bedenkilke toestand. Noodspanne vanuit vier streke is ontplooi en die pad is steeds in beide rigtings gesluit. Owerhede vermoed swak sig het tot die botsings bygedra.
Minstens 10 sterf in botsings tussen verskeie voertuie in Bulgarye