# Die Minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande het ’n werksgroep oor befondsing vir wetenskap, tegnologie en innovering van stapel gestuur ná die Amerikaanse regering se skielike onttrekking van navorsingsondersteuning wat belangrike MIV/Vigs en TB-programme bedreig. Nzimande sê die werksgroep sal die impak op Suid-Afrika se navorsing evalueer en raad gee oor volhoubare befondsingsbeleide. ’n Konsepverslag word oor vier weke verwag, met die finale verslag wat teen 30 Junie hierdie jaar beskikbaar sal wees.
Minister Nzimande stig werkgroep na VSA se onttrekking van befondsing