Skip to content

Minister Ntshavheni sê nuwe Uitleweringswet sal SA belyn met internasionale misdaadprotokolle [KLANK]

# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die nuwe Wetsontwerp op Uitlewerings sal Suid-Afrika belyn met globale misdaadbestrydingsprotokolle en internasionale samewerking versterk. Die kabinet het die konsepwetsontwerp vir openbare kommentaar goedgekeur en sê dit sal die regering help om internasionale verpligtinge na te kom ten opsigte van die bekamping van georganiseerde misdaad, korrupsie en ander ernstige oortredings. Ntshavheni sê die bygewerkte wetsontwerp sal dit makliker maak om voortvlugtiges oor grense weg te stuur en te ontvang:

ENG NtshavheniOnExtradition