Die GOOD Party sê, met die herdenking van Menseregtedag, het alle Suid-Afrikaners toegang tot ‘n progressiewe Grondwet wat basiese menseregte waarborg, insluitende die reg tot lewe, gelykheid, waardigheid en vryheid van spraak. Die GOOD Party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hoewel Suid-Afrikaners die reg tot behuising het, is daar vyf-miljoen burgers wat nog steeds in informele nedersettings woon: