# Thomas Markle, die vervreemde pa van die Hertogin van Sussex, Meghan Markle, het in ‘n Amerikaanse hof verskyn na sy arrestasie vir die besit van materiaal wat seksuele misbruik van kinders uitbeeld. Die 82-jarige is Vrydag in Florida in hegtenis geneem ná ‘n ondersoek deur die FBI. Agente het beslag gelê op ongeveer 78 items uit twee stooreenhede in Kalifornië. Volgens hofdokumente is Markle saam met minderjarige meisies op van die foto’s. Hy ontken die bewerings en het nog nie gepleit nie. ‘n Regter het hom vrygelaat onder voorwaardes van huisarres en elektroniese monitering terwyl die saak voortduur.
Meghan Markle se pa verskyn in Amerikaanse hof oor materiaal verbind met seksuele misbruik van kinders