# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die raad van die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika met onmiddellike effek ontbind. Die besluit volg na ‘n langdurige arbeidsgeskil oor prestasiebonusse vir 2019/20 tot 2021/22, wat gelei het tot ‘n beskermde staking en finansiële druk. McKenzie sê die raad het versuim om opdragte uit te voer om die saak op te los en het kommer uitgespreek oor verkrygingspraktyke. Hy sê die departement sal nou toesig hou oor sy interimbestuur terwyl ‘n nuwe raad aangestel word.
McKenzie tree op oor bestuurskrisis by die Kunsteraad