# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party wil genoeg setels verower om ‘n sleutelspeler in die bestuur van groot munisipaliteite te word. Mashaba het in KwaMashu, Durban, gesê ActionSA teiken eThekwini, KwaDukuza en Newcastle, waar hy reeds ‘n teenwoordigheid het. Hy sê die party poog om koalisieregerings te beïnvloed eerder as om noodwendig volstrekte meerderhede te verkry. Hy sê druk moet uitgeoefen word vir strenger optrede oor immigrasie, werkskepping, polisiëring en dienslewering:
Mashaba sê ActionSA wil ‘n sleutelrol in munisipale koalisies speel [KLANK]
ENG-MashabaOnGovernance