Skip to content

Malatsi gaan LP’s se vrae beantwoord oor uitsluiting van swart bemagtiging

# Die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, verskyn vandag voor die Parlement oor sy besluit om vereistes vir swartbemagtiging te verslap vir maatskappye soos Elon Musk se Starlink. Kritici soos die portefeuljekomitee vir Kommunikasie en Digitale Tegnologieë se voorsitter, Khusela Diko en die MK-party, sê dit ondermyn die Wet op Elektroniese Kommunikasie. Public Interest SA bevraagteken ook die besluit se wettigheid en sê die prosedure is foutief. Malatsi het die veranderinge Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer en sê hulle bied beleidsekerheid om beleggings te lok.