Skip to content

Maile waarsku oor toenemende misdaad in Gauteng-skole

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê misdaad, geweld en vandalisme het meer as vier-duisend skole in die provinsie onder druk geplaas. Oor vyf jaar het skole meer as vier-duisend-600 gewelddadige voorvalle en meer as vier-duisend-100 gevalle van vandalisme aangeteken. Hy sê CCTV-stelsels is in meer as 600 skole regoor die provinsie geïnstalleer, met 245 skole wat as hoërisiko geklassifiseer word. Hy het in voordrag in Johannesburg ingrypings bespreek en gewaarsku misdaad dreineer onderwysbegrotings.