Skip to content

Macpherson hernu gebruik van ses Wes-Kaapse staatseiendomme vir slagoffers van geslagsgeweld [KLANK]

# Die LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die gebruik van ses staatseiendomme in die Wes-Kaap hernu om skuilingdienste aan slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord te bied. Die eiendomme in Aurora, Albertinia, Heidelberg, Laingsburg en Moorreesburg sal voortgaan om veilige ruimtes vir slagoffers en oorlewendes te voorsien. Macpherson sê die hernuwing weerspieël die regering se verbintenis om te verseker openbare bates word gebruik om kwesbare gemeenskappe te ondersteun en dienslewering te verbeter eerder as om geboue leeg te laat staan:

ENG MacphersonOnShelters