Skip to content

LP’s eis optrede teen gevangene-sterftes en korrupsie-bewerings

# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het ‘n waarskuwing gerig oor tekortkominge in die verslagdoening van sterftes in gevangenisse nadat slegs 54,5-persent van onnatuurlike sterftes en 51,59-persent van natuurlike sterftes gedurende die eerste kwartaal van die huidige boekjaar bevestig kon word. Voorsitter Kgomotso Ramolobeng sê die syfers dui op ernstige gapings in toesig- en administrasie. Sy sê die kommer volg op kritiek in Februarie toe ‘n ondersoek bevind het die helfte van alle onnatuurlike gevangene-sterftes was selfdood. Dit lig tekortkominge in rekordhouding en geestesgesondheidsorg uit.