Skip to content

Liggaam van vermiste 11-jarige Anqobile Njiyela in Soweto uitgeken

# Die liggaam van die 11-jarige Anqobile Njiyela, wat in Soweto deur vloedwater meegesleur is, is deur haar familie uitgeken. Sy het Dinsdagmiddag verdwyn nadat sy tydens hewige donderstorms deur haar skoolvervoer in Dobsonville afgelaai is. Haar liggaam is vroeg Vrydagmiddag uit die Snake Park-rivier herwin, ná ‘n soektog van vier dae deur nooddienste, die polisie en vrywilligers uit die gemeenskap. ‘n Woordvoerder van die familie sê hulle het haar met behulp van haar skooltas uitgeken.