# Lesings is op verskeie kampusse van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie opgeskort, nadat studente dit tot stilstand gebring het met betogings oor verskeie bekommernisse, insluitend die voorgestelde finansiële plan vir 2027. Studente is ook ongelukkig oor ‘n verpligte voorafbetaling van sewe-duisend-rand vir akademiese en koshuisregistrasie. Die president van die Studenteraad, Liyabulela Gela, sê die sluiting volg na ‘n massavergadering verlede Vrydag, waar studente ‘n memorandum van eise aan die bestuur oorhandig het. Hy sê lesings sal nie hervat word voordat hul bekommernisse deur die universiteit aangespreek is nie.
Lesings by verskeie kampusse van Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gestaak