# Die waarnemende polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Phumelele Makoba, sê wetstoepassingsbeamptes is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag voor die beplande immigrasiebetoging op 30 Junie. Makoba het gewaarsku padversperrings, openbare geweld en die vernietiging van eiendom sal nie geduld word nie, met die polisie wat gereed is om beslissend op te tree. Sy het lede van die publiek gewaarsku teen die uitvoering van onwettige identiteitskontroles en beklemtoon immigrasie-afdwinging bly die verantwoordelikheid van die polisie en die Departement van Binnelandse Sake:
KZN polisie waarsku teen wetteloosheid tydens beplande 30 Junie protesoptrede [KLANK]
ENG-MakobaOnJune30