Skip to content

KZN Menslike Nedersettings koop Montclair Lodge vir vloedslagoffers [KLANK]

# Die KwaZulu-Natalse Departement van Menslike Nedersettings het die aankoop van Montclair Lodge van Transnet vir 33-miljoen-rand bevestig om vloedslagoffers te huisves. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die fasiliteit met 268 kamers en 600 beddens sal teen ‘n koste van 35-miljoen-rand opgeknap word en teen Desember of Januarie 2026 gereed wees. Hy het bevestig dat ‘n ingenieur die eiendom teen einde Julie sal ondersoek terwyl die Behuisingsontwikkelingsagentskap die fasiliteit sal bestuur:

ENG-DumaOnHousing