Skip to content

Kubayi sê daar is ‘n groot getal hofsake oor vuurwapens, maar skuldigbevindings is laag

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het bekendgemaak dat Suid-Afrikaanse howe die afgelope twee jaar meer as tien-duisend sake van onwettige vuurwapenbesit aangeteken het. Sy het aan die Parlement gesê 10-duisend-315-sake is aangeteken, maar meer as die helfte is teruggetrek, met 101 vrysprake en een-duisend-671 skuldigbevindings. Kubayi het op Glynnis Breytenbach van die DA se vrae oor vuurwapenvervolgings en saakuitkomste geantwoord die Nasionale Vervolgingsgesag teken nie dossiere per misdaad aan nie, wat die beskikbaarheid van volledige polisie-verwysingsdata beperk.