Skip to content

Krieket: Vyftienjarige maak na verwagting môre sy buiging vir Indië

# Krieket: Vaibhav Sooryavansha sal na verwagting môre Indië se jongste internasionale speler nog word in die eerste T20 teen Ierland in Belfast. Hy is op 15-jaar en 91-dae selfs jonger as die kolflegende Sachin Tendulkar wat sy buiging op 16 gemaak het. Sooryavansha het tydens vanjaar se Indiese Premierliga 776 lopies in 16 beurte vir Rajasthan Royals aangeteken. Hy het vroeër die week ook die rekord vir die vinnigste vyftigtal in Lys A-eendagkrieket verpletter toe hy dit van slegs 11 balle gemoker het vir Indië A teen Sri Lanka A.