# Krieket: Vier Saterdae met dubbel-wedstryde wag op aanhangers in die vyfde seisoen van die SA20, wat op 17 Januarie in Gqeberha afskop. Dit word gespeel tussen dieselfde spanne in verlede jaar se eindstryd in Kaapstad, toe Sunrisers Eastern Cape die Pretoria Capitals geklop het vir hulle derde titel. Nuweland gaan volgende jaar weer die eindstryd aanbied, terwyl Boland-park in die Paarl die eerste keer ‘n kwalifiseringswedstryd kry. Die liga se kommissaris, Graeme Smith, sê die wiele is aan die rol om weereens ‘n ongelooflike maand van krieket te verseker.
Krieket: Vyfde SA20-reeks gaan vier Saterdae se dubbelwedstryde insluit