Skip to content

Krieket: Van Niekerk, Kapp gaan Protea-vroue se T20-reeks teen Indië misloop

# Krieket: Die ervare Protea-spelers Dané van Niekerk en Marizanne Kapp gaan die reeks van vyf T20s teen Indië misloop, maar hoop om gereed te wees vir die Wêreldbekertoernooi wat op 12 Junie in Engeland begin. Van Niekerk herstel nog van ‘n besering en Kapp van siekte, en albei het die onlangse reeks teen die White Ferns van Nieu-Seeland misgeloop. Die reeks teen Indië begin Vrydag in Durban, gevolg deur nog ‘n kragmeting in die hawestad, twee in Johannesburg en die laaste een in Benoni, Gauteng.