Skip to content

Krieket: Twaalf stadions gaan wedstryde aanbied in eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika

# Krieket: Twaalf stadions in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe gaan wedstryde aanbied in volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi. Dit sluit in agt in Suid-Afrika, drie in Zimbabwe en een in die Namibiese hoofstad, Windhoek. Die plaaslike stadions is Nuweland in Kaapstad, die Wanderers in Johannesburg, Centurion in Pretoria, Kingsmead in Durban, die Mangaung-ovaal in Bloemfontein, Bolandpark in die Paarl, en St Georgepark en Buffalopark in die Oos-Kaap. Die voorlopige datums is vanaf 4 Oktober tot 21 November.