# Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj met nege paaltjies verslaan in die eerste toets op die Wanderers in Johannesburg toe hy net 12 tweedebeurt-lopies nodig gehad het. Die besoekers het vanoggend op 100 vir vyf hervat na ‘n eerstebeurt-agterstand van 157 lopies. Simon Harmer het ses paaltjies geneem vir die verlies van net 51 lopies. Bangladesj is vir 168 uitgeboul nadat Litton Das die beste gevaar het met 39, en Mahfijul Islam met 32. Kagiso Rabada het nog drie paaltjies by sy vyf van Bangladesj se eerste beurt gevoeg.
Krieket: Suid-Afrika neem voortou in toetsreeks teen Bangladesj