# Krieket: Suid-Afrika en Indië se vrouespanne is onder druk in vandag se Wêreldbeker-groepswedstryde in Engeland. Indië speel eers in Manchester teen Bangladesj, gevolg deur die Proteas en Nederland in Bristol. Indië is tans tweede in die groep na Australië en Suid-Afrika derde, en oorwinnings in die oorblywende groepswedstryde sal hul kanse versterk om die halfeindronde te haal. Die Proteas speel volgende teen Bangladesj en Indië pak Australië. Engeland het gister vir die voorlaaste ronde gekwalifiseer toe hulle die Wes-Indiese Eilande op Lord’s in Londen geklop het.
Krieket: Suid-Afrika en Indië onder druk in vandag se Wêreldbeker-groepswedstryde