Skip to content

Krieket: Root steek Ponting, Dravid en Kallis verby om toetsspeler te word met tweede meeste lopies ooit

# Krieket: Joe Root het in die vierde van ‘n reeks van vyf toete teen Indië op Old Trafford die toetsspeler met die tweede-hoogste telling ooit geword. Die gewese Engelse kaptein het die Australiese legende Ricky Ponting verbygesteek met sy telling op 120 nadat hy vroeër die dag Rahul Dravid van Indië en Jacques Kallis van Suid-Afrika verbygesteek het. Die 34-jarige Root, wat in sy 157ste toets speel, het Ponting se totaal van 13-duisend-378 verbygesteek. Sachin Tendulkar van Indië is steeds bo-aan die lys met ‘n allemintige 15-duisend-921 lopies in 200 toetse.