# Krieket: Die Bangladesjiese snelbouler Mustafizur Rahman gaan Jake Fraser-McGurk by Delhi Capitals vervang vir die res van die Indiese Premierliga nadat die Australiese kolwer besluit het om nie terug te keer wanneer die kompetisie Saterdag hervat nie. Rahman het ook in 2022 en ’23 vir Delhi gespeel en altesaam 61 paaltjies in die IPL geneem. Fraser-McGurk se onttrekking volg op dié van die Engelse bouler Jamie Overton van Chennai Super Kings, terwyl verwag word dat nog spelers gaan onttrek omdat die nuwe skedule met ander verpligtinge bots.
Krieket: Rahman teken kontrak met Delhi na Fraser-McCurk besluit om nie na IPL terug te keer nie