# Krieket: Suid-Afrika se snelbouler Kagiso Rabada sê hy dien ‘n voorlopige skorsing uit nadat hy nie ‘n toets vir verbode middels geslaag het nie. Die 29-jarige Rabada is van die Indiese Premierliga af terug huis toe nadat hy vroeg April vir die Gujarat Titans gespeel het. Hy het bevestig hy het positief getoets vir die gebruik van ‘n ontspanningsmiddel, maar het nie gesê wat dit is of hoe lank hy geskors is nie. Hy sê in ‘n verklaring wat deur die SA Krieketspelersvereniging vrygestel is hy is jammer oor almal wat hy teleurgestel het.
Krieket: Rabada voorlopig geskors weens positiewe toets vir verbode middel