Skip to content

Krieket: Pakistan wen loot en kolf in eerste toets teen Proteas

# Krieket: Pakistan se kaptein, Shan Masood, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die eerste van twee toetse teen Suid-Afrika op die Gaddafi-stadion in Lahore vandag. Die tuisspan het drie spesialis-draaiboulers en twee naatboulers op ‘n droë en gekraakte kolfblad ingesluit. Die Proteas het dieselfde gedoen met die insluiting van Senuran Muthusamy, Prenelan Subrayen en Simon Harmer. Kagiso Rabada en Wiaan Mulder is die naatboul-opsies. In ‘n verrassende skuif het Suid-Afrika die kolwer David Bedingham uitgelaat en hom vervang met die jong Dewald Brevis.