Skip to content

Krieket: MCC-lede gevra om Sondag se vroue-Wêreldbekereindstryd op Lord’s by te woon

# Krieket: Lede van die prestigeryke Marylebone-krieketklub in Londen is gevra om Sondag se eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue op hul veld, Lord’s, by te woon. Die uitvoerende hoof Robert Lawson het die versoek gerig om ‘n herhaling te voorkom van 2017 se eindstryd toe die lede-pawiljoen half-leeg was. Hy het MCC-lede gevra om op te daag ongeag wie van Engeland of Suid-Afrika die eindstryd teen Australië haal. Die twee lande speel vandag in die tweede halfeindstryd. Die MCC is vroeër gekritiseer as steeds hoofsaaklik vir mans.