# Krieket: Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, beskryf die jong spelers in die groep as plofbaar en vreesloos voor die reeks van drie wedstryde teen Australië wat môre in Darwin begin. Hy sê mens het nie veel bekommernisse op daardie ouderdom nie, wat weerspieël word in die manier waarop hulle oefen en speel. Die 19-jarige Lhuan-dré Pretorius, wat uitgeblink het in vanjaar se SA20, gaan na verwagting die beurt open saam met die ervare Ryan Rickelton. Die T20-reeks word gevolg deur drie eendagwedstryde.