Skip to content

Krieket: Maharaj se sewe paaltjies help Proteas om Pakistan vir 333 uit te boul

# Krieket: ʼn Briljante sewe paaltjies deur die draaibouler Keshav Maharaj het die Proteas gehelp om Pakistan vir 333 uit te boul op die tweede oggend van die tweede toets in Rawalpindi. Die gashere het op 259 vir vyf hervat en die eerste paaltjie het op 316 gekantel, waarna korte mette gemaak is met die ander kolwers. Pakistan se kaptein, Shan Masood, se 87 was die grootste bydrae, gevolg deur Saud Shakeel se 66 en Abdullah Shafique se 57. Pakistan het die eerste toets gewen.