Skip to content

Krieket: Lord’s se kolfblad onbevredigend in eerste toets tussen Engeland en Nieu-Seeland

# Krieket: Die kolfblad van die tuiste van krieket, Lord’s in Londen, is as onbevredigend bevind tydens die eerste toets tussen Engeland en Nieu-Seeland. Wedstryd-skeidsregter Andy Pycroft het die beslissing gevel nadat die gasheer binne vier dae met 115 lopies gewen het. Engeland se kaptein, Ben Stokes, en die gewese kapteins Nasser Hussein en Michael Vaughan het ook die kolfblad gekritiseer. Lord’s se eienaar, die Marylebone-krieketklub, het agterna verskoning gevra en die stadion het ‘n stafpunt ontvang. Die voorlaaste toets begin volgende Woensdag op die Oval in Londen.