Skip to content

Krieket: Litton Das behaal nuwe toetsrekord as paaltjiewagter

# Krieket: Die paaltjiewagter van Bangladesj, Litton Das het ‘n nuwe wêreldrekord opgestel deur die meeste spelers in ‘n enkele toetsbeurt uit te haal. Hy het ses vangskote geneem en twee kolwers gestonk in Suid-Afrika se eerste beurt in die openingswedstryd op die Wanderers. Met die agt paaltjies wat hy geneem het, het Das die vorige rekord van sewe paaltjies, wat deur vyf paaltjiewagters gedeel is, oortref. Die wedstryd is steeds in die weegskaal met Bangladesh wat teen sluitingstyd 100 vir vyf op die telbord gehad het. Hulle is steeds 57 lopies agter Suid-Afrika se eerste beurt-totaal. .