Skip to content

Krieket: Kagiso Rabada gereed vir Australië se slegsê-taktieke

# Krieket: Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê hy is gereed vir Australië se berugte slegsê-taktiek en voeg by dit sal hom net meer motiveer. Die twee nasies takel mekaar volgende week in die Wêreld-toetskampioenskap-eindstryd op Lord’s in Engeland. Die laaste keer wat die 30-jarige Rabada in Augustus 2022 op die heilige grond teen Engeland gespeel het, het hy vyf paaltjies platgetrek. Rabada sê hy verstaan sy belangrike rol in die groep en gee toe die Australiërs sal waarskynlik probeer om hom uit te lok, wat deel van die spel is.