# Krieket: Engeland se span is onveranderd vir die tweede toets teen Indië wat môre op Edgbaston begin na hy die eerste wedstryd op Headingley gewen het. Dit beteken die snelbouler Jofra Archer kry steeds nie speelkans nie na ‘n afwesigheid van vier jaar, maar hy sluit vandag by die span aan. Indië het nog nooit ‘n toets in Birmingham gewen nie, met sewe nederlae en ‘n onbesliste uitslag sedert 1967. Die res van die toetse word op Lord’s, Old Trafford en die Oval in Londen beslis.
Krieket: Engeland se span onveranderd vir tweede toets teen Indië