# Krieket: Die eendagreeks tussen Engeland en Indië sal Sondag op Lord’s in Londen beslis word nadat die gasheer gisteraand die reeks gelykop gemaak het. Indië het die eerste kragmeting in Bristol met 56 lopies gewen, en Engeland het in Cardiff teruggeslaan. Indië is in 44 boulbeurte vir 233 uitgeboul na Jofra Archer en Gus Atkinson elk drie paaltjies geneem het. Joe Root se onoorwonne 99 het Engeland in die 45ste boulbeurt tot ‘n oorwinning gelei met ses paaltjies plat. Gurnoor Brar het twee paaltjies laat kantel.
Krieket: Eendagreeks tussen Engeland en Indië word Sondag op Lord’s beslis