# Krieket: Kyle Verreynne, David Bedingham en Senuran Muthusamy sal nie vir Suid-Afrika in die toetsreeks van twee wedstryde teen Bangladesj op die Hoëveld speel nie. Anrich Nortjé, Zubayr Hamza en Tony de Zorzi keer almal terug ná beserings. Die afrigter Shukri Conrad sê ná die reekssege teen Australië, sal hulle nou daarop fokus om daardie momentum na die reeks teen Bangladesj verder te neem. Die eerste toets begin op die 15de by die Wanderers in Johannesburg, en die tweede op die 23ste op Centurion.
Krieket: Drie spelers weggelaat uit Proteas-groep vir tuisreeks teen Bangladesj