# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die jeugdige span wat hy later die maand na Windhoek stuur, sal opgewasse wees teen hullle bure. Hulle gaan ‘n driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe speel, gevolg deur ‘n eendagreeks teen Namibië. Dit sluit geeneen van die gereelde Proteas in nie. Die veelsydige spelers Duan Jansen – Marco se tweelingbroer – en Corbin Bosch se broer, Eathan, kan hul buiging vir Suid-Afrika maak. Ander opwindende jong talente sluit in Dewald Brevis, Kwena Maphaka, Lhuan-dré Pretorius en Jordan Hermann.
Krieket: Conrad staan agter sy jeugdige span vir hulle besoek aan Namibië