# Mianmar se militêre-gesteunde regering sê koning Charles het twee boeke en ‘n verseëlde diplomatieke brief aan die voormalige leier, Aung San Suu Kyi, gestuur. Amptenare het dit gister afgelewer en seldsame foto’s van die 81-jarige Nobelpryswenner is vrygestel. Sy word sedert die militêre staatsgreep in 2021 aangehou. Haar seun, Kim Aris, vewelkom die gebaar maar waarsku die regime kan dit gebruik om die indruk te skep dat alles normaal verloop. Die gesin het geen onafhanklike manier om haar gesondheidstoestand te bevestig nie.
Koning Charles stuur boeke aan Mianmar-leier in aanhouding [KLANK]