# Krieket: Die veelsydige Australiese speler, Glenn Maxwell, het sy onmiddelike uittrede uit internasionale eendagkrieket aangekondig. Die 36-jarige Maxwell, een van die opwindendste kolwers in die geskiedenis van die sport, het in sy 149 wedstryde drieduisend-990 lopies aangeteken, 77 paaltjies geneem en twee Wêreldbeker-titels help wen. Maxwell sal steeds deel bly van Australië se T20-groep om ‘n oorwinning in volgende jaar se kortvorm-Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka te help verseker.
Krieket: Australië se veelsydige Glenn Maxwell tree uit internasionale eendagkrieket