Skip to content

Kameroen se minister van Toerisme aanvaar presidentsbenoeming te midde van poletieke verskuiwings

# Kameroen se minister van Toerisme, Bello Maigari, het sy party se presidentsbenoeming aanvaar vir die verkiesing wat in Oktober verwag word. President Paul Biya is tjoepstil oor sy herverkiesingsplanne. Die 78-jarige Maigari is ‘n jarelange bondgenoot van Biya en die tweede minister van die noorde wat sy kandidaatskap aankondig, wat dui op krake in Biya se koalisie. Voorlopige data van die Verkiesingskommissie dui aan dat meer as agt-miljoen van die 30-miljoen burgers geregistreerde kiesers is, met die noorde se twee-miljoen kiesers wat die politieke landskap kan verander.