# Die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging doen ‘n beroep op die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika om aanspreeklikheid te aanvaar ná ‘n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo-lughawe. ‘n Passasier op ‘n vlug na Ethiopië het twee oefenhandgranate in sy bagasie gehad, wat eers met aankoms ontdek is. ACSA het sedertdien sy kontrak met Lugvaartkoördineringsdienste, wat ruimbagasie nagaan, beëindig. Christopher Shabangu van die vereeniging het die voorval veroordeel en vereis dat ondersoek ingestel word nadat Burgerlugvaartowerheid ‘n boete van twee-miljoen-rand opgelê het.
Kajuitvereniging eis verantwoording na granaat in bagasie gevind is